FRANCHISE OFFICIAL WEBSITE

WILDMAN HUNTING AND OUTDOOR 

THE HUNTING & OUTDOOR ENTHUSIASTS' FIRST CHOICE

Wildman Skietdag ʼn Reuse Sukses

​Altesaam 28 spanne, bestaande uit 4 skuts elk, het Saterdag aan die 4-man gong uitdaging deelgeneem.  Daar is baie moeite met die bou van bane gedoen.  Skuts het 6 bane van 5 gonge elk geskiet.  Die Casino Wolves bestaande uit Johan van Niekerk, Marius Moolman, Elton Gross en Francois Martins het die dag met ʼn persentasie van 94.17% gewen.  In die tweede plek was die Wilde Honde bestaande uit Piet Breedt, Piet van den Heever, Terven Venter en Paul Botha met ʼn persentasie van 91.67% nadat hulle moes uitskiet teen die Arms span om die tweede en derde plek te bepaal. 

Die Arms span, bestaande uit Christo Bailey, Chris Naudé, Rohan Wiese en Michael Ellis het dus derde geëindig.  Die individuele Mans-skuts vir die Dag was Piet Breedt en Johan van Niekerk wat 100% geskiet het.  Die Beste Dame-skut vir die Dag was Elize van den Heever met ʼn persentasie van 80%.

Die Laeveld Jagtersvereniging bedank Frikkie du Plooy en Madelein du Plooy van Wildman en hulle hele span vir die pragtige pryse ter waarde van R70 000.  Groot dank aan Gerhard Breedt (Voorsitter van Ermelo Laeveld Jagters), Johan Mey (Hoof baanbeampte), Daniel Slabber, Naas Rautenbach, Dirk Snyman, Piet van den Heever, Izanda Erasmus, Hannelie Slabber en Lize Minnaar vir hulle insette om die dag so ʼn groot sukses te maak.  

Die skiet-dag gaan ʼn jaarlikse instelling word, so moet dit nie misloop nie.